Exodus 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die hand van die HERE is oor jou beeste wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die skape; daar sal 'n baie swaar pes wees.
Afrikaans (NLV) 2011 sal die Here ’n dodelike siekte laat uitbreek onder al die diere in die veld. ’n Epidemie sal uitbreek onder jou perde, jou donkies, jou kamele, jou beeste en jou skape.
Afrikaans 1933/1953 kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.
Afrikaans 1983 sal die Here sy mag toon met 'n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) kyk, die hand van die Here is teen jou vee wat in die veld is. Onder die perde, die donkies, die kamele, die beeste en die kleinvee sal daar 'n baie swaar pessiekte uitbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan sal Ek hom swaar straf. Ek sal sy diere wat in die veld is, baie siek maak en laat vrek: die perde, die donkies, die kamele, die beeste, die skape en die bokke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) gaan die Here sy krag gebruik. Hy sal ’n dodelike siekte laat uitbreek onder al jou vee wat in die veld is. Al jou perde en donkies, jou kamele, jou beeste en jou kleinvee sal dodelik siek word.