Exodus 9:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir hom: Sodra ek uit die stad uitgaan, sal ek my hande na die HERE uitbrei; en die donder sal ophou, en daar sal geen hael meer wees nie; sodat jy kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.
Afrikaans (NLV) 2011 “Goed so,” het Moses geantwoord. “Sodra ek uit die stad is, sal ek tot die Here bid om die hael en weerlig te laat ophou. Jy sal dan weet dat die aarde aan die Here behoort.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.
Afrikaans 1983 Toe het Moses vir hom gesê: “Sodra ek uit die stad is, sal ek my hande in gebed na die Here uitsteek. Dan sal die donderslae ophou, en daar sal nie meer hael wees nie, dat u kan besef dat hierdie land aan die Here behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir hom gesê: “Sodra ek uit die stad is, sal ek my hande na die Here uitstrek. Die donderslae sal ophou en daar sal nie meer hael wees nie, sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die farao gesê: “Wanneer ek uit die stad gaan, dan sal ek my hande uitsteek na die Here toe en ek sal bid. Die donderweer sal ophou en daar sal nie meer hael wees nie. Dan sal jy weet dat die aarde aan die Here behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Goed,” sê Moses vir hom, “sodra ek uit die stad uit is, sal ek tot die Here bid dat die donderstorm moet bedaar en dat die hael moet ophou. U sal dan besef dat die Here in beheer van die land is.