Exodus 9:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bid tot die HERE (want dit is genoeg) dat daar geen geweldige donderslae en hael meer sal wees nie; en Ek sal julle laat gaan, en julle sal nie meer bly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Bid tog tot die Here dat Hy hierdie verskriklike weerlig en hael laat ophou. Ek sal julle laat gaan. Julle hoef nie langer te bly nie.”
Afrikaans 1933/1953 Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
Afrikaans 1983 Bid tog tot die Here. Die donderslae en hael is vir ons te erg. Ek sal julle laat gaan. Julle hoef nie langer te bly nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pleit by die Here, want daar is genoeg donderslae van God, en hael; ek sal julle laat gaan, julle hoef nie langer te bly nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet tot die Here bid. Die vreeslike donderweer en die hael laat ons baie swaar kry. Julle mag nou weggaan. Ek sal julle nie langer hier hou nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bid asseblief tot die Here. Hierdie verskriklike donderslae en hael is te veel vir ons. Ek sal julle laat trek. Julle hoef my nie weer te kom vra om te gaan nie.”