Exodus 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Farao gestuur en Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het hierdie keer gesondig; die HERE is regverdig, en ek en my volk is goddeloos.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het toe dringend vir Moses en Aäron laat roep. Hy het vir hulle gesê: “Ek het verkeerd gemaak. Hierdie keer is die Here reg. Ek en my mense is verkeerd.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het die keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
Afrikaans 1983 Die farao laat roep toe vir Moses en Aäron en sê vir hulle: “Nou erken ek ek was verkeerd. Die Here het reg, ek en my mense is skuldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het Moses en Aäron ontbied en vir hulle gesê: “Ek het hierdie keer gesondig. Die Here het gelyk en ek en my volk is verkeerd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het vir Moses en Aäron laat roep en hy het vir hulle gesê: “Ek besef nou ek het 'n fout gemaak. Die Here was reg, en ek en my volk is verkeerd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het Moses en Aäron toe dringend laat kom. Hy het vir hulle gesê: “Ek het ’n fout gemaak. Hierdie keer is die Here reg. Ek en my volk is verkeerd.