Exodus 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hael het in die hele Egipteland getref alles wat in die veld was, mense sowel as diere; en die hael het al die plante van die veld getref en al die bome van die veld verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die haelstorm het deur die hele Egipte getrek. Dit het alles in die veld — mens, dier en plante — platgeslaan. Daar het nie ’n boom bly staan nie.
Afrikaans 1933/1953 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.
Afrikaans 1983 Die hael het die hele Egipte getref, alles wat buite was, mens en dier. Al die plante is deur die hael weggeslaan, selfs al die bome is in repe geslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hael het die hele Egipteland getref, alles wat in die veld was, mens en dier. Al die plante in die veld is deur die hael platgeslaan, elke boom in die veld is stukkend geslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hael het alles in Egipte plat geslaan, alles wat in die veld was, ook al die mense en diere. Die hael het al die plante in die veld plat geslaan, en dit het al die bome in die veld stukkend geslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hael het oor die hele land geval. Dit het alles platgeslaan wat buite in die veld was: mens en dier en plant, alles. Die hael het selfs die bome in die veld weggeslaan.