Exodus 9:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was hael en vuur gemeng met die hael, baie swaar, soos daar nie so iemand in die hele Egipteland was vandat dit 'n nasie geword het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was nog nooit in Egipte se geskiedenis so ’n groot haelstorm met soveel onophoudelike weerlig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die hael het geval; tussen die hael deur het die een blits op die ander gevolg, so erg soos dit nog nooit was vandat daar mense in Egipte woon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was hael, en tussen die hael deur het weerligstrale aanhoudend geblits. Dit was 'n baie swaar haelbui, soos wat daar nog nooit in Egipteland was vandat hulle 'n nasie geword het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het baie gehael, en die weerlig het na al die kante toe geslaan. Daar was nog nooit so baie weerlig en hael in die hele Egipte nie, vandat daar mense woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ’n storm met haelstene en onophoudelike weerlig oor die hele Egipte soos daar nog nooit tevore was nie. |