Exodus 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donderweer en hael gestuur, en die vuur het op die aarde geloop; en die HERE het hael oor Egipteland laat reën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe sy stok in die lug opgesteek. Die Here het toe donderweer en hael laat kom en weerlig oor die hele aarde laat uitslaan. Die Here het ’n geweldige haelstorm oor die hele Egipte laat losbars. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën. |
| Afrikaans 1983 | Toe Moses sy kierie in die lug opsteek, het die Here donderslae en hael gestuur, en die blitse het tot op die grond geslaan. Die Here het die haelstorm oor Egipte laat losbars. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het toe sy staf na die hemel uitgesteek, en die Here het donderslae en hael beskik, terwyl weerligstrale op die grond neerslaan. Die Here het hael op Egipteland laat neerreën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het sy kierie opgesteek in die lug. Die Here het donderweer en hael gestuur, en die weerlig het op die aarde geslaan. Die Here het baie hael laat val op Egipte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Moses sy kierie na die lug uitsteek, het die Here weerligslae en hael laat kom. Blitse het op die aarde geslaan. Die Here het ’n yslike haelstorm oor Egipte laat losbars. |