Exodus 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit na die hemel, dat daar hael kan wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in die hele Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand op in die lug. Oor die hele Egipte sal daar hael val op mens en dier en oor al die plante oor die hele land.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
Afrikaans 1983 Toe het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op dat daar hael oor die hele Egipte kan kom oor mens en dier, en oor al die plante van Egipte.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit na die hemel, sodat daar hael sal val in die hele Egipteland, op mens en dier en op al die plante in die veld in Egipteland.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand op in die lug, dan sal daar hael val oor die hele Egipte, oor al die mense en diere, oor al die plante in Egipte.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toe vir Moses gesê om sy hand na die wolke toe uit te steek sodat daar hael kan val op al die mense en diere en plante oor die hele Egipte.