Exodus 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat nie ag geslaan het op die woord van die HERE nie, het sy dienaars en sy vee in die veld gelos.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat hulle skouers opgetrek het vir wat die Here gesê het, het hulle werkers en hulle vee net daar in die veld gelos.
Afrikaans 1933/1953 maar hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
Afrikaans 1983 maar dié wat hulle nie aan sy woorde gesteur het nie, het hulle slawe en vee buite laat bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar dié wat nie die woord van die Here ter harte geneem het nie, het hulle slawe en vee in die veld agtergelaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ander amptenare het nie gedoen wat die Here gesê het nie. Hulle het hulle slawe en hulle diere buite laat bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ander wat die skouers opgehaal het vir die Here se woorde, het hulle werkers en hulle vee buite in die veld gelos.