Exodus 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stuur dan nou en maak jou vee bymekaar en alles wat jy in die veld het; want op elke mens en dier wat in die veld gevind word en nie tuisgebring word nie, sal die hael op hulle neerdaal, en hulle sal sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat dadelik al jou vee en alles van jou wat buite in die veld is, terugkom. Enige mens of dier wat buite in die veld gevang word en nie onder dak is nie, sal nie die storm oorleef nie.’”
Afrikaans 1933/1953 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie -- op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.
Afrikaans 1983 Laat nou al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid bring. Al die mense en diere wat buite is en nie onder dak gebring is nie, sal deur die hael doodgeslaan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Stuur dan nou mense, en bring jou vee en alles in die veld wat aan jou behoort, na veiligheid. Elke mens en dier wat hom in die veld bevind en nie na veiligheid gebring is nie – op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet nou jou bokke en jou ander diere na 'n veilige plek neem, ook al jou goed wat buite in die veld is. Die hael sal val op al die mense en diere in die veld, op almal wat nie onder 'n dak is nie. Die hael sal hulle doodslaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet betyds jou mense beveel om al jou vee en alles wat buite is, dadelik onderdak te bring. Die hael sal al die mense en diere doodslaan wat nie beskerm word nie.’”