Exodus 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal môre omtrent hierdie tyd dit 'n baie swaar hael laat reën, soos daar van die grondlegging daarvan af tot nou toe nog nie in Egipte was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan môre hierdie tyd die grootste haelstorm wat daar nog ooit gesien is oor Egipte stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie. |
| Afrikaans 1983 | Môre hierdie tyd gaan Ek 'n verskriklike swaar haelstorm laat losbars soos daar nog nooit in die bestaan van Egipte was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, môre teen hierdie tyd gaan Ek baie swaar hael laat neerreën, soos wat daar nog nooit in Egipte was nie, van die dag dat dit gevestig is tot nou toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal môre baie hael stuur. Dit het nog nooit in Egipte so baie gehael nie, van die begin af tot vandag toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan môre hierdie tyd ’n vernietigende haelstorm oor Egipte laat losbars soos hierdie land in sy hele geskiedenis nog nie gesien het nie. |