Exodus 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En juis daarom het Ek jou opgewek, om in jou my krag te toon; en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het jou egter gespaar sodat jy kan sien hoe magtig Ek is en dat my Naam oor die hele aarde bekend sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig. |
| Afrikaans 1983 | Daar is net een rede waarom Ek jou nog laat lewe, en dit is dat Ek jou my mag kan wys en my Naam daardeur oor die hele wêreld geroem kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar aan die ander kant, om hierdie rede het Ek jou staande gehou, om jou my krag te toon, sodat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek laat jou nog lewe. Ek doen dit sodat jy kan sien hoe sterk Ek is, en sodat almal op die aarde my Naam kan eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het jou egter gespaar sodat my Naam oor die hele wêreld bekend sal word wanneer jy sien hoe sterk Ek werklik is. |