Exodus 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want nou sal Ek my hand uitsteek om jou en jou volk met pes te tref; en jy sal van die aarde uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kon jou al lankal doodgemaak het. Ek kon jou en jou volk ook al lankal met rampe van die aarde af weggevee het.
Afrikaans 1933/1953 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
Afrikaans 1983 Na regte moes Ek nou al my hand uitgesteek het en jou en jou mense met 'n pes van die aarde af uitgewis het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek kon nou al my hand uitgesteek en jou en jou volk met pessiekte getref het. Jy sou van die aarde af verdwyn het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek kan jou en jou volk nou so siek maak dat julle almal sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek moes eintlik al lankal my krag gebruik het om jou en jou mense met ’n ramp van die aarde af weg te vee.