Exodus 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal in hierdie tyd al my plae op jou hart en op jou dienaars en op jou volk stuur; sodat jy kan weet dat daar niemand soos ek op die hele aarde is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy hulle nie toelaat nie, gaan Ek ’n ramp stuur wat jou en jou amptenare en jou volk werklik gaan ruk. Jy sal dan verseker weet dat daar nie nog iemand soos Ek op die hele aarde is nie.
Afrikaans 1933/1953 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.
Afrikaans 1983 anders gaan Ek jou hierdie keer met 'n groot ramp tref en ook jou amptenare en jou mense. Dan sal jy besef dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hierdie keer gaan Ek jou met al my plae in die hart tref, ook jou amptenare en jou mense, sodat jy sal weet dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy nie die Israeliete laat gaan nie, dan sal Ek nou jou en jou amptenare en jou volk nog baie swaarder straf. Dan sal jy weet daar is niemand op die hele aarde wat soos Ek is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie keer gaan Ek ’n ramp stuur wat jou en die mense wat by jou koninklike paleis werk en jou hele volk baie persoonlik gaan raak. Jy sal nou baie deeglik besef dat daar niemand anders op die aarde is wat soos Ek is nie.