Exodus 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Staan die môre vroeg op en staan voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Moses: “Staan môre-oggend vroeg op en gaan sê vir die farao: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, sê: Laat my volk gaan sodat hulle My kan gaan aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan na die farao toe en sê vir hom: So sê die Here die God van die Hebreërs: Laat my volk gaan om My te dien, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en meld jou aan by die farao. Sê vir hom, ‘So sê die Here, die God van die Hebreërs: “Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê hy moet die volgende oggend vroeg na die farao toe gaan en vir hom sê dat die Here, die God van die Hebreërs, sê: “Jy moet my volk, die Israeliete, laat gaan sodat hulle My kan dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe vir Moses gesê: “Jy moet môreoggend vroeg opstaan en vra of jy met die farao kan praat. Sê dan vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het van jou geëis: jy moet my volk laat gaan om My te gaan aanbid. |