Exodus 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het die hart van Farao verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie; soos die HERE met Moses gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het die farao egter nog koppiger gemaak. Hy het volgehou om te weier om na hulle te luister. Dit was net soos die Here gesê het dit sou wees.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.
Afrikaans 1983 Tog het die Here die farao nog steeds koppig laat bly. Hy het nie aan Moses en Aäron se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf vir Moses gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here het die hart van die farao verhard, en hy het nie na hulle geluister nie, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het die farao hardkoppig gemaak. Die farao het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit was soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het die farao egter net nog meer hardkoppig laat word. Hy het al minder na hulle geluister. Dit is mos soos die Here gesê het dit sou wees.