Exodus 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die towenaars kon vanweë die swere nie voor Moses staan nie; want die swere was op die towenaars en oor al die Egiptenaars.
Afrikaans (NLV) 2011 Die towenaars kon nie met Moses kragte meet nie omdat hulle self ook vol sere was.
Afrikaans 1933/1953 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.
Afrikaans 1983 Die towenaars kon Moses dit nie eens probeer nadoen nie, want hulle was vol swere. Die swere het op al die Egiptenaars uitgekom, ook op die towenaars.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die waarsêerpriesters kon nie voor Moses bly staan nie vanweë die swere, want die swere was op die waarsêerpriesters en op al die Egiptenare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die towenaars kon nie dieselfde doen wat Moses gedoen het nie, want hulle was ook vol sere. Daar was sere op die towenaars en op al die Egiptenaars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Egiptiese towenaars was self so vol sere dat hulle nie eens kon kom kyk of hulle dieselfde as Moses kon doen nie. Die hele Egipte was die ene rowe en sere.