Exodus 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die as van die oond geneem en voor Farao gaan staan; en Moses het dit na die hemel gesprinkel; en dit het 'n swere geword wat uitbreek met lekke op mense en diere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe roet uit ’n oond gevat en na die farao toe gegaan. Terwyl die farao staan en kyk, het Moses dit in die lug gestrooi. Daar het rou sere op mens en dier begin uitbreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe roet uit 'n oond gevat en voor die farao gaan staan. Toe Moses dit in die lug opgooi, kom daar op mens en dier swere wat aanhoudend etter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe roet uit 'n oond geneem en voor die farao gaan staan. Moses het dit in die lug opgegooi, en dit het swere geword wat op mens en dier in oop sere uitgebars het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het toe as uit 'n oond geneem en hulle het voor die farao gaan staan. Moses het die as in die lug gegooi. Die as het op die mense en diere gewaai en hulle het sere gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe roet gevat. Terwyl die farao kyk wat hy doen, het Moses die roet gevat en in die lug gegooi. Daar het toe swere op die mense en die diere se vel gekom. |