Exodus 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Gaan in na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan weer terug na die farao toe,” het die Here Moses beveel. “Sê vir hom: ‘Dit is wat die Here, die God van die Hebreërs, sê: Jy moet my volk laat gaan sodat hulle My kan gaan aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan sê vir die farao: So sê die Here die God van die Hebreërs: Laat my volk gaan om My te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die farao en sê vir hom: ‘So sê die Here, die God van die Hebreërs, “Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe en sê vir hom die Here, die God van die Hebreërs, sê hy moet die Israeliete laat gaan sodat hulle Hom kan dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer vir Moses gesê: “Gaan nog ’n keer na die farao toe en sê vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, eis van jou: jy moet my volk laat gaan om My te aanbid. |