Exodus 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses vir Farao: Roem jou oor my; wanneer sal ek vir jou en jou dienaars en jou volk smeek om die paddas uit jou en jou huise uit te roei, dat hulle net in die Nyl kan bly? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê net wanneer!” het Moses die farao geantwoord. “Wanneer u sê, sal ek vir u en u amptenare en u volk bid. Ek sal die Here vra om die paddas van u en uit u huise weg te vat. Net die paddas wat in die Nylrivier is, sal bly lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly? |
| Afrikaans 1983 | Moses antwoord toe: “Soos dit U Majesteit behaag. Wanneer sal ek vir u, u amptenare en u mense bid dat die paddas heeltemal van u en u huise af weggevat kan word, en daar net in die Nyl nog van hulle sal oorbly?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses sê toe vir die farao: “Dit is u voorreg om te besluit. Wanneer moet ek vir u, u amptenare en u mense pleit, om die paddas uit te roei by u en uit u huise, dat hulle net in die Nyl oorbly?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir die farao gesê: “Sê jy vir my wanneer ek vir die Here moet vra om die paddas weg te vat van jou en jou amptenare en jou mense, uit almal se huise uit. Dan sal net die paddas in die Nyl-rivier oorbly.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het die farao sarkasties geantwoord: “En wanneer sal dit u nogal pas dat ek sal bid dat die paddas van u en u dienaars en u volk en uit u huise weggevat sal word en net by die rivier sal bly?” |