Exodus 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die towenaars het so met hulle towerye gedoen en paddas oor Egipteland laat opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die towenaars kon egter met hulle kunsies presies dieselfde ding doen. Hulle kon ook paddas oor die hele land laat kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Tog het die towenaars met hulle towerkunste dieselfde gedoen en ook paddas oor Egipte laat kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die waarsêerpriesters het dieselfde gedoen met hulle towerkuns, en paddas laat opkom oor Egipteland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die towenaars het dieselfde gedoen, hulle het ook baie paddas oor Egipte laat kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptiese towenaars kon dieselfde ding regkry met hulle kunsies. Hulle kon ook paddas oor die hele land laat kom. |