Exodus 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron het sy hand uitgesteek oor die waters van Egipte; en die paddas het opgetrek en Egipteland oordek.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het sy hand na al die plekke waar daar water was, uitgesteek. Daar het paddas oor die hele Egipte gekom.
Afrikaans 1933/1953 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
Afrikaans 1983 Aäron swaai toe sy kierie oor al die water van Egipte en toe kom die paddas: Egipte was oortrek van hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron strek toe sy hand uit oor die waters van Egipte, en die paddas het opgekom en Egipteland oordek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron het sy hand oor die water van Egipte gehou. Baie paddas het toe uit die water gekom, so baie dat 'n mens nie die grond in Egipte kon sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Aäron sy kierie uitsteek na al die plekke waar daar water in Egipte is, het die paddas uitgekom en oor die hele land versprei.