Exodus 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Steek jou hand met jou staf uit oor die strome, oor die riviere en oor die damme, en laat paddas optrek oor Egipteland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron hy moet sy hand waarin hy die herderstok vashou na al die riviere, die kanale en die moerasse in Egipte uitsteek sodat daar paddas tot in elke uithoek van die land kan kom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Verder sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron: Swaai jou kierie oor die kanale, riviere en moerasse. Laat daar paddas kom oor Egipte.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir Moses: “Sê vir Aäron, ‘Strek jou hand, met jou staf, uit oor die riviere, die kanale en oor die vleilande, en laat die paddas opkom oor Egipteland.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê hy moet vir Aäron sê: “Hou jou kierie oor al die plekke waar daar water is, sodat daar oral in Egipte paddas kan kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Laat Aäron sy kierie uitsteek na die spruite toe, die riviere en die moerasse sodat die paddas kan uitkom uit die water en oor die hele Egipte kan kom.” |