Exodus 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die rivier sal paddas in oorvloed voortbring, wat sal optrek en in jou huis en in jou slaapkamer en op jou bed en in die huis van jou dienaars en oor jou volk en in jou oonde en in jou kniebakke: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele Nylrivier sal vol van hulle wees. Hulle sal uit die rivier klim en in julle huise, selfs in julle slaapkamers en in julle beddens kom. Elke huis in Egipte sal vol paddas wees, ook in die huise van die mense wat vir jou werk. Hulle sal selfs in jou oonde en jou knieskottels klim. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels. |
| Afrikaans 1983 | Die Nyl sal wemel van die paddas. Hulle sal uitspring en in jou paleis kom, in jou slaapkamer, op jou bed, in jou amptenare se huise, tussen jou mense, in jou bakoonde en in jou skottels. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Nyl sal wemel van die paddas. Hulle sal opkom en in jou huis kom, in jou slaapkamer en op jou bed; in die huise van jou amptenare en by jou mense; in jou bakoonde en jou knieskottels. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die paddas sal baie word in die Nyl-rivier en hulle sal uit die water spring. Hulle sal in jou huis ingaan, in jou slaapkamer en op jou bed. Hulle sal ook in jou amptenare se huise ingaan, tussen die mense, in julle oonde en in julle skottels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Nyl sal wemel van die paddas. Hulle sal uit die rivier kom en tot in jou huis inkom. Hulle sal in jou slaapkamer inkom en bo-op jou bed spring. Hulle sal in die mense wat vir jou werk se huise inkom en in die huise van jou hele volk. Hulle sal selfs in jou bakoonde en jou broodpanne gaan sit. |