Exodus 8:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses: Kyk, ek gaan van jou uit en ek sal die HERE smeek dat die swerms vlieë môre van Farao, van sy dienaars en van sy volk mag wyk; maar laat Farao nie meer bedrieglik handel nie die volk laat gaan om aan die HERE te offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sodra ek weg is,” het Moses gesê, “sal ek vir die Here bid om die vlieë van u en u mense weg te vat. Moenie weer omvlieg en van plan verander dat die volk nie kan gaan offer nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord Moses: “Ek gaan nou weg van u af en sal die Here bid dat die steekvlieë môre van u af padgee en van u amptenare en u mense af. U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan om vir die Here te offer nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het toe gesê: “Kyk, wanneer ek van u af weggaan, sal ek by die Here pleit dat die steekvlieë môre van die farao, sy amptenare en van sy volk af padgee. Mag dit net nie so wees dat die farao weer die spot dryf deur die volk nie te laat gaan om vir die Here te offer nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Ek gaan nou weg van jou en ek sal bid en vir die Here vra dat die steekvlieë môre moet weggaan van jou, weg van jou amptenare en van jou volk. Maar jy moenie weer anders besluit en sê ons mag nie gaan om vir die Here offers te bring nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses sê toe: “Wanneer ek van hier af weggaan, sal ek by die Here pleit dat die vlieë môre van u en u amptenare en u volk moet padgee. U moet net nie weer met ons speletjies probeer speel en daarna weier dat die volk kan gaan om vir die Here te offer nie.” |