Exodus 8:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle in die woestyn aan die HERE julle God kan offer; maar julle mag nie baie ver weggaan nie; bid vir my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak dan so,” het die farao gesê. “Ek sal julle toelaat om vir julle God in die woestyn te gaan offer. Moenie te ver weg gaan nie. Bid sommer vir my ook!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my. |
| Afrikaans 1983 | Hierna sê die farao: “Dan laat ek julle nou maar gaan om in die woestyn vir julle God, die Here, te offer. Moet net nie te ver weg gaan nie, en bid vir my.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het die farao gesê: “Ek sal julle laat gaan, dat julle vir die Here julle God in die woestyn kan offer. Julle mag net nie te ver weggaan nie. En pleit vir my! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die farao: “Ek sal julle laat gaan sodat julle vir julle God die Here in die woestyn offers kan bring. Maar julle mag nie baie ver gaan nie en julle moet vir my bid.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Goed,” sê die farao toe, “ek sal julle toelaat om in die woestyn vir die Here julle God te gaan offer. Julle mag net nie baie ver in die woestyn ingaan nie. Bid ook sommer dat hierdie plaag kan ophou.” |