Exodus 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses: Dit is nie reg om so te doen nie; want ons sal die gruwel van die Egiptenaars aan die HERE onse God offer; kyk, sal ons die gruwel van die Egiptenaars voor hulle oë offer, en sal hulle ons nie stenig nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het hom egter geantwoord: “Ons kan dit nie so doen nie. Die Egiptenaars sal gril vir die offers wat ons vir die Here bring. As ons hier offer waar hulle dit kan sien, gaan hulle ons met klippe doodgooi.
Afrikaans 1933/1953 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
Afrikaans 1983 Maar Moses antwoord: “Dit kan ons nie doen nie, want ons offers aan ons God, die Here, gee aanstoot aan die Egiptenaars. As ons nou hier voor hulle oë offers bring wat vir hulle aanstootlik is, sal hulle ons mos met klippe doodgooi!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Moses het geantwoord: “Dit is nie reg om dit so te doen nie, want dit is afstootlik vir die Egiptenare wanneer ons vir die Here ons God offer. As ons dit wat afstootlik is vir die Egiptenare voor hulle oë offer, sal hulle ons nie dan stenig nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Nee, dit sal nie reg wees om in hierdie land offers te bring nie, want die Egiptenaars haat dit wanneer ons vir die Here offers bring. Wanneer hulle sien ons bring offers, dan sal hulle ons met klippe doodgooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons kan dit nie hier doen nie,” het Moses hom geantwoord. “Die offers wat ons vir die Here ons God bring, is grillerig vir die mense van Egipte. As ons hier offer waar die Egiptenaars ons kan sien, sal dit vir hulle so gruwelik wees dat hulle ons met klippe sal doodgooi.