Exodus 8:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Gaan, offer aan julle God in die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao het Moses en Aäron haastig laat roep. “Goed,” het hy gesê. “Julle kan hier in die land vir julle God offer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land. |
| Afrikaans 1983 | Toe roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle kan vir julle God gaan offer, maar hier in dié land!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao het Moses en Aäron ontbied en gesê: “Gaan, offer vir julle God in die land!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao het vir Moses en Aäron geroep en gesê: “Julle mag vir julle God offers gaan bring, maar julle moet dit in hierdie land doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die farao het Moses en Aäron toe laat roep: “Goed, julle kan vir julle God gaan offer, maar dit moet hier in dié land wees.” |