Exodus 8:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het so gedoen; en 'n swerm vlieë het in die huis van Farao en in die huise van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het net so gemaak soos Hy gesê het. Daar het groot swerms vlieë in die farao se paleis, sy werkers se huise en oor die hele Egipte gekom. Die hele land was in chaos as gevolg van die vlieë. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het dit toe gedoen. Groot swerms steekvlieë het in die paleis van die farao in gekom, in die huise van sy amptenare en oor die hele Egipte. Die land is daardeur lam gelê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het dit toe so gedoen. Digte swerms steekvlieë het die paleis van die farao en die huise van sy amptenare binnegedring. In die hele Egipteland het die land skade gely as gevolg van die steekvlieë. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het dit toe gedoen. Daar het baie groot swerms steekvlieë gekom na die farao se huis, na sy amptenare se huise en na die hele Egipte. Al die mense in die land het baie swaar gekry omdat daar so baie steekvlieë was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe gemaak soos Hy gesê het. Daar het groot swerms vlieë in die farao en sy mense se huise gekom en ook oor die hele land. Die hele land is in chaos gedompel deur die vlieëplaag. |