Exodus 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal in dié dag die land Gosen, waarin my volk woon, afsny, dat daar geen swerms vlieë sal wees nie; tot die einde kan jy weet dat Ek die HERE is in die middel van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal op daardie dag ’n uitsondering maak van Gosen waar my volk bly. Daar sal nie vlieë wees nie. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is en dat Ek mag het oor jou land. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sal op die dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land. |
| Afrikaans 1983 | Maar dié dag sal Ek 'n uitsondering maak van die Gosenstreek waar my volk woon. Dáár sal nie 'n enkele steekvlieg wees nie, dat jy kan besef dat Ek, die Here, in die land is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar op daardie dag sal Ek 'n uitsondering maak van die Gosenstreek, waar my volk 'n staanplek het. Daar sal nie steekvlieë wees nie, sodat jy kan weet dat Ek, die Here, hier in die land is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dieselfde sal nie gebeur in die land Gosen waar my volk woon nie. Daar sal nie steekvlieë wees nie. Dan sal die farao weet dat Ek die Here is in hierdie land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal egter ’n uitsondering maak van Gosen, waar my volk woon. Daar sal nie vlieë wees nie. Jy sal dan weet dat Ek, die Here, baas is oor hierdie land en daarmee kan maak soos Ek wil. |