Exodus 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Anders, as jy my volk nie laat trek nie, kyk, Ek stuur swerms vlieë teen jou en jou dienaars en jou volk en in jou huise; en die huise van die Egiptenaars sal vol swerms vlieë wees, en ook die grond waarop hulle is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy my volk nie toelaat om te gaan nie, gaan Ek swerms vlieë op jou, jou werkers, jou volk en jou huise laat toesak. Die huise in Egipte sal vol vlieë wees. Dit sal oral op die grond wemel van die vlieë. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan. |
| Afrikaans 1983 | want as jy my volk nie laat gaan nie, sal Ek steekvlieë op jou loslaat, op jou amptenare, op jou mense en in jou huise. In die huise van die Egiptenaars en ook op hulle lande sal dit swerm van die steekvlieë. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as jy my volk nie laat gaan nie – kyk, Ek gaan op jou en jou amptenare en jou mense en in jou huise steekvlieë loslaat. Die huise van die Egiptenare sal vol steekvlieë wees, selfs op die grond waarop hulle staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy nie die Israeliete laat gaan nie, dan sal Ek steekvlieë stuur. Die steekvlieë sal op die farao, op sy amptenare, op sy mense en in hulle huise wees. Die huise van die Egiptenaars sal vol steekvlieë wees, ook die hele land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy nie my volk toelaat om te gaan nie, sal Ek swerms vlieë op jou en jou amptenare en jou volk en julle huise loslaat. In die huise van Egipte en oral in die land sal dit wemel van die vlieë. |