Exodus 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Staan die môre vroeg op en staan voor Farao; kyk, Hy kom uit na die water; en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het nog verder vir Moses gesê: “Staan môre vroeg op en gaan ontmoet die farao wanneer hy op pad is na die rivier toe. Sê vir hom: ‘Die Here sê: Jy moet my volk laat gaan sodat hulle My kan gaan aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao -- kyk, hy sal na die water toe uitgaan en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan wag vir die farao by die water. Hy sal juis op pad wees soontoe. Sê vir hom: So sê die Here: Laat my volk gaan om My te dien, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en meld jou aan by die farao. Kyk, hy gaan uit na die water. Sê vir hom, ‘So sê die Here: “Laat my volk gaan, sodat hulle My kan dien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan môre-oggend vroeg en wag vir die farao wanneer hy na die rivier kom. Sê vir hom die Here sê hy moet die Israeliete laat gaan sodat hulle Hom kan dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet môreoggend vroeg opstaan en vir die farao gaan wag wanneer hy na die water toe kom. Jy moet weer vir hom sê dat die Here van hom eis: ‘Laat my volk toe om te gaan en My te aanbid. |