Exodus 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God; soos die HERE gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie is ’n vingerwysing van God,” het die towenaars vir die farao gesê. Maar die farao het onversetlik gebly. Net soos die Here gesê het, het hy bly weier om te luister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die towenaars vir die farao: “Dit is die vinger van God!” Maar die farao het koppig gebly. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die waarsêerpriesters vir die farao: “Dit is die vinger van God! ” Maar die farao se hart was verhard en hy wou nie na hulle luister nie, soos die Here gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die towenaars sê toe vir die farao: “Dit is God wat die muggies gestuur het!” Maar die farao was hardkoppig, hy het nie na hulle geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierdie is ’n vingerwysing van God,” het die towenaars vir die farao gesê. Maar die farao se kop het net al harder geword en hy het bly weier om na Moses-hulle te luister. Hy het presies opgetree soos God gesê het dit sou gebeur. |