Exodus 8:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die towenaars het so gedoen met hulle towerye om luise voort te bring, maar hulle kon nie, en daar was luise op mense en op diere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao se towenaars het dieselfde met hulle kunsies probeer regkry. Hierdie keer was hulle nie suksesvol nie. Die muggies het al wat mens en dier is, toegetakel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee. |
| Afrikaans 1983 | Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie. Mens en dier was oortrek van die muggies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die waarsêerpriesters het dit ook probeer doen – met hulle towerkuns muggies probeer voortbring – maar hulle kon nie. Daar was muggies op mens en dier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die towenaars het probeer om dieselfde te doen. Hulle wou ook die stof in muggies verander, maar hulle kon nie. Die muggies was op al die mense en al die diere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die towenaars het ook probeer om met hulle kunsies muggies uit die grond te laat kom. Hulle kon dit egter nie regkry nie. Die muggies was vir mens en dier ’n verpesting. |