Exodus 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het so gedoen; want Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en dit het luise geword by mense en diere; al die stof van die land het luise geword in die hele Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy stok gevat en op die grond geslaan. Daar het toe muggies gekom wat op mens en dier toegesak het. Oor die hele land het die stof in muggies verander.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
Afrikaans 1983 Hulle twee het toe so gemaak. Aäron het die kierie geswaai en op die grond geslaan, en mens en dier was oortrek van die muggies. In die hele Egipte het elke krieseltjie stof 'n muggie geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe so gemaak. Aäron het sy hand met sy staf uitgestrek, die stof op die grond geslaan, en daar was muggies op mens en dier. Al die stof van die land het muggies geword in die hele Egipteland.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron het dit gedoen. Aäron het met sy kierie op die grond geslaan. Die stof het in muggies verander en hulle het oral op die mense en die diere gaan sit. Al die stof in die hele Egipte het in muggies verander.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe so gemaak. Toe Aäron sy kierie oplig en in die stof slaan, het daar muggies op mens en dier toegesak. Dit het gelyk of elke krieseltjie stof in Egipte ’n muggie geword het.