Exodus 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Sê vir Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die land, dat dit luise kan word in die hele Egipteland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Vat jou stok en slaan op die grond. Dit sal muggies oor die hele Egipte bring.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: Swaai jou kierie en slaan op die grond dat daar muggies oor die hele Egipte kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron, ‘Steek jou staf uit en slaan die stof op die grond; dan sal dit muggies word in die hele Egipteland.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê hy moet vir Aäron sê: “Slaan met jou kierie op die grond. Die stof sal dan in muggies verander, en Egipte sal vol muggies wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses gesê: “Laat Aäron met sy kierie in die stof op die grond slaan. Die stof sal dan muggies word wat oor die hele land versprei.” |