Exodus 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Farao sien dat daar uitstel was, het hy sy hart verhard en nie na hulle geluister nie; soos die HERE gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die farao sien dat die krisis verby is, het hy weer eiesinnig geraak. Hy het geweier om na Moses en Aäron te luister. Dit was presies soos die Here gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe die farao sien dat daar verligting gekom het, het hy weer onversetlik geword. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die farao sien dat daar uitkoms is, was hy onversetlik en het hy nie na hulle geluister nie, soos die Here gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe die farao sien die paddas is weg, het hy weer hardkoppig geword. Hy het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die farao egter sien dat die krisis verby is, het hy weer moedswillig geraak. Hy het gerieflikheidshalwe vergeet dat hy belowe het hulle kon gaan. Dit was inderdaad mos soos die Here gesê het dit sou gebeur. |