Exodus 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses; en die paddas het gevrek uit die huise, uit die dorpe en uit die veld.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het gemaak soos Moses gevra het. Die paddas in die huise en op die strate en in die veld het almal gevrek.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.
Afrikaans 1983 Die Here het gedoen wat Moses gevra het, en die paddas het gevrek, in die huise, in die binneplase en op die lande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe volgens Moses se versoek opgetree: Die paddas het gevrek in die huise, in die dorpies en op die landerye.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gedoen wat Moses gevra het. Al die paddas het gevrek, die paddas in die huise, die paddas buite die huise en die paddas in die veld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het gedoen wat Moses vir die farao belowe het. Die paddas in die huise en buite in die veld het gevrek.