Exodus 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron het van Farao af weggegaan, en Moses het die HERE aangeroep vanweë die paddas wat hy teen Farao gebring het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron is weg van die farao af. Moses het tot die Here gebid oor die ramp van die paddas wat die Here oor die farao gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het. |
| Afrikaans 1983 | Moses en Aäron het van die farao af weggegaan en Moses het die Here aangeroep oor die paddas wat Hy oor die farao gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron het van die farao af weggegaan, en Moses het na die Here om hulp geroep oor die probleem van die paddas wat Hy vir die farao beskik het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het van die farao af weggegaan. Moses het gebid en vir die Here gevra dat Hy die paddas moet wegvat wat Hy gestuur het om die farao te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron is toe weg van die farao af. Moses het tot die Here gebid oor die paddas waarmee Hy die farao gestraf het. |