Exodus 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die paddas sal van jou en van jou huise en van jou dienaars en van jou volk weggaan; hulle mag net in die rivier bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die paddas wat by u en in u huise en u werkmense en u volk is, sal verdwyn. Net dié wat in die rivier is, sal oorbly.”
Afrikaans 1933/1953 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
Afrikaans 1983 Die paddas sal van u af weggevat word, van u huise, u amptenare en u mense af; net in die Nyl sal daar nog paddas oorbly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die paddas sal weggaan van u af en uit u huise uit, weg van u amptenare en u mense. Net in die Nyl sal daar van hulle oorbly.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die paddas sal weggaan van jou en van jou huise en van jou amptenare en van jou mense. Net die paddas in die Nyl-rivier sal oorbly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die paddas sal van u, u huis, u werkers en u volk af weggaan en weer in die rivier gaan bly.”