Exodus 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer Farao met jou spreek en sê: Doen vir jou 'n wonderteken, dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer, en dit sal 'n slang word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die farao sal van julle verwag dat julle vir hom ’n wonderteken moet doen. Jy moet dan vir Aäron sê: ‘Gooi jou herderstok voor die farao op die grond!’ Dit sal dan in ’n slang verander.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself -- dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word. |
| Afrikaans 1983 | “As die farao vir julle sê: ‘Doen bietjie 'n wonderteken,’ moet jy vir Aäron sê: Vat jou kierie en gooi dit voor die farao neer dat dit 'n groot slang word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As die farao met julle praat en sê, ‘Doen julle 'n teken!’ dan moet jy vir Aäron sê, ‘Neem jou staf en gooi dit voor die farao neer, dan sal dit 'n slang word.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer die farao vir julle sê julle moet 'n teken wys, dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou kierie en gooi dit op die grond voor die farao. Die kierie sal in 'n slang verander.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.” |