Exodus 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Farao sal na julle nie luister nie, dat Ek my hand op Egipte kan lê en my leërs en my volk, die kinders van Israel, uit Egipteland kan uitlei deur groot oordele.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal nog steeds bly weier om na julle te luister. Ek sal Egipte dan met ’n reeks rampe tref. Ek sal die stamme van Israel dan deur groot vergeldingsdade uit Egipte uitlei.
Afrikaans 1933/1953 Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.
Afrikaans 1983 Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao sal nie na julle luister nie, en Ek sal my hand met geweldige oordele op Egipte lê en my leërafdelings, my volk, die Israeliete, uit Egipteland lei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao sal nie na julle luister nie. Dan sal Ek die Egiptenaars swaar straf en Ek sal my volk, die Israeliete, uit Egipte bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs dan nog sal die farao aanhou weier om na julle te luister. Ek sal dan reg wees wanneer Ek op Egipte afstorm en groot rampe oor hulle bring. In dieselfde tyd sal Ek al die families van Israel uit Egipte wegvat.