Exodus 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die towenaars van Egipte het so met hulle towerye gedoen, en Farao se hart was verhard, en hy het nie na hulle geluister nie; soos die HERE gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die towenaars van Egipte het hulle kunsies gebruik en kon ook water in bloed verander. Dit het gemaak dat die farao steeds nie na hulle geluister het nie. Dit was soos die Here gesê het dit sou gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Egiptiese waarsêerpriesters het dieselfde gedoen met hulle towerkuns. Die farao se hart het verhard en hy het nie na hulle geluister nie, soos die Here gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die towenaars van Egipte het dieselfde gedoen, en die farao het hardkoppig gebly. Hy het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit het gebeur soos die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptiese towenaars kon dieselfde doen met hulle kunsies. Al wat gebeur het, was dat die farao hom net verder teëgesit het en geweier het om na hulle te luister. Dit was mos soos die Here gesê het dit sal gebeur. |