Exodus 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die visse wat in die rivier was, het gevrek; en die rivier het gestink, en die Egiptenaars kon nie van die water van die rivier drink nie; en daar was bloed in die hele Egipteland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vis in die rivier het gevrek. Die water het so sleg begin ruik dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Deur die hele Egipte was daar net bloed. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Die vis in die Nyl het gevrek en die Nyl se water het so gestink dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Oral in Egipte was daar bloed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die visse in die Nyl het gevrek, en die Nyl het so gestink dat die Egiptenare die water uit die Nyl nie kon drink nie. Daar was bloed in die hele Egipteland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die visse in die Nyl-rivier het gevrek en die rivier het gestink. Die Egiptenaars kon nie die Nyl-rivier se water drink nie. Al die water in Egipte was bloed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vis in die rivier het gevrek. Die rivier het so sleg begin ruik dat niemand in Egipte die water van die rivier kon drink nie. Oor die hele land was daar net bloed. |