Exodus 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses en Aäron het so gedoen soos die HERE beveel het; en hy het die staf opgelig en die waters geslaan wat in die Nyl was, voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die waters wat in die rivier was, het in bloed verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses en Aäron het toe presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Terwyl die farao en al sy amptenare staan en kyk, het Moses sy stok gevat en op die water van die rivier geslaan. Al die water in die rivier het toe in bloed verander.
Afrikaans 1933/1953 Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het -- hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
Afrikaans 1983 Toe het Moses en Aäron gedoen presies wat die Here hulle beveel het. Aäron het sy kierie opgelig en voor die oë van die farao en sy amptenare op die Nyl se water geslaan, en al die water het in bloed verander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses en Aäron het toe so gemaak, net soos die Here beveel het. Aäron het die staf opgelig en die water in die Nyl geslaan voor die oë van die farao en sy amptenare; en al die water in die Nyl het in bloed verander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron het gedoen wat die Here gesê het. Aäron het sy kierie opgelig waar die farao en sy amptenare dit kon sien. Hy het op die water in die Nyl-rivier geslaan, en al die water in die rivier het in bloed verander.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses en Aäron het toe net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Terwyl die farao en sy amptenare staan en kyk, het Moses sy kierie gevat en op die water by die rivier geslaan. Al die water in die rivier het in bloed verander.