Exodus 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet alles spreek wat Ek jou beveel; en jou broer Aäron moet met Farao spreek dat hy die kinders van Israel uit sy land uitstuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet vir jou broer, Aäron, alles herhaal wat Ek vir jou sê. Hy moet dit dan weer vir die farao gaan sê. Hy sal eis dat die Israeliete uit Egipte trek.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.
Afrikaans 1983 Alles wat Ek jou beveel, moet jy aan jou broer Aäron oordra, en hy moet dit vir die farao vertel sodat hy die Israeliete kan laat trek uit sy land uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet alles sê wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met die farao praat, dat hy die Israeliete uit sy land laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir jou broer Aäron alles sê wat Ek vir jou sê, en hy moet met die farao praat en vir hom sê hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat Ek jou beveel het, moet jy vir jou broer Aäron sê. Hy kan dit weer vir die farao sê sodat hy die Israeliete uit sy land kan wegstuur.