Exodus 7:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vis wat in die rivier is, sal sterwe, en die rivier sal stink; en die Egiptenaars sal dit nie hê om van die water van die rivier te drink nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vis in die rivier gaan vrek en dit sal begin sleg ruik. Die Egiptenaars sal nie die water van die Nylrivier kan drink nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die vis in die Nyl vrek, en dit sal so stink dat die Egiptenaars nie die water sal kan drink nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die visse in die Nyl sal vrek, en die Nyl sal stink, sodat die Egiptenare nie meer water uit die Nyl kan drink nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die visse in die Nyl-rivier sal vrek, en die rivier sal stink. Die Egiptenaars sal nie die rivier se water kan drink nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die visse in die rivier sal almal vrek. Dit sal so stink dat niemand in Egipte water uit die rivier sal kan drink nie.’” |