Exodus 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is: kyk, Ek slaan met die staf wat in my hand is op die waters wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom stuur die Here nou vir jou ’n boodskap waaraan jy kan weet wie Ek die Here is. Ek gaan met hierdie stok in my hand op die rivier se water slaan en dit gaan alles in bloed verander. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Deur wat nou gaan volg, sal jy weet dat Ek die Here is.’ Jy moet ook vir die farao sê: Met hierdie kierie in my hand sal ek op die Nyl se water slaan, en dit sal in bloed verander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Hieraan sal jy weet dat Ek die Here is.” Kyk, ek gaan met die staf wat in my hand is op die water in die Nyl slaan, en dit sal in bloed verander; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou sê die Here Hy sal iets doen sodat jy kan weet Hy is die Here. Ek sal met hierdie kierie wat in my hand is, op die water in die Nyl-rivier slaan, en die water sal in bloed verander. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here gaan jou nou dwing om te erken dat Hy die Here is. Ek gaan met hierdie kierie in my hand op die rivier se water slaan. Die water gaan dan in bloed verander. |