Exodus 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na jou gestuur om te sê: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn; en kyk, jy het tot dusver nie geluister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê dan vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur om vir jou te sê: Laat my volk gaan om My in die woestyn te aanbid. Tot nou toe het jy geweier om na My te luister. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie. |
| Afrikaans 1983 | Sê dan vir hom: ‘Die Here die God van die Hebreërs het my na jou toe gestuur met die opdrag dat jy my volk moet laat gaan om My in die woestyn te dien, maar tot nou toe het jy nie gehoor gegee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê vir die farao, ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur om te sê: “Laat my volk gaan, sodat hulle My in die woestyn kan dien.” Kyk, tot nou toe het u nie geluister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en sê vir die farao: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur om te sê jy moet sy volk laat gaan sodat hulle Hom in die woestyn kan dien. Maar jy het nog nie geluister nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet dan vir hom sê: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur. Hy sê jy moet sy volk toelaat om na die woestyn toe te gaan dat hulle daar tot Hom kan gaan bid. Tot nou toe het jy geweier om na hierdie opdrag te luister. |