Exodus 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan in die môre na Farao; kyk, hy gaan uit na die water; en jy moet by die wal van die rivier staan teen sy koms; en die staf wat in 'n slang verander is, moet jy in jou hand neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Môre-oggend, wanneer die farao afgaan na die rivier toe, moet jy met hom gaan praat. Gaan staan langs die rivier en wag vir hom daar. Vat die herderstok wat in ’n slang verander het saam met jou.
Afrikaans 1933/1953 Gaan môre vroeg na Farao toe -- kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in 'n slang verander het, in jou hand,
Afrikaans 1983 Gaan môre vroeg na die farao toe; hy sal juis op pad wees water toe. Gaan wag vir hom langs die Nyl, met die kierie wat in 'n slang verander het, in jou hand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan in die oggend na die farao. Kyk, hy gaan uit na die water. Wag vir hom aan die kant van die Nyl. Die staf wat in 'n slang verander het, moet jy in jou hand neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao sal môre-oggend na die rivier gaan. Wag vir hom op die rivier se wal. Neem die kierie wat in 'n slang verander het, in jou hand
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet môreoggend vroeg vir hom langs die Nyl gaan wag. Sorg dat jy die kierie wat in ’n slang verander het by jou het.